
Die eerste twee lewensjare bied ruim geleentheid vir speel en beweging om die optimale ontwikkeling van baba se sintuie en spiere, gevoelens en denke, en taal- en sosiale vermoëns te verseker.
Ongelukkig mis ons, as ouers, soms hierdie geleenthede!
BabaGim is:
- 'n Interaktiewe, maklike en prettige manier om die meeste uit die uiters belangrike eerste paar jaar te put.
- 'n Stap-vir-stap stimulasieprogram vir babas vanaf geboorte tot 2 jaar.
- Aangebied deur gekwalifiseerde instrukteurs wat ouers en oppassers lei en wys waar en hoe om te begin, wat om te doen en waarvoor hulle moet uitkyk.
- 'n Belegging in jou kind se toekoms.
- Eie aan Suid-Afrika en ontwikkel deur mamma en opvoedkundige Dr. Melodie de Jager.
Het jy geweet?
Die opeenvolging en tydsduur van die ontwikkelingsfases is die sleutel tot prestasie in die toekoms!
Wie het BabaGim ontwikkel? |