Home About Us Curriculum Branches Become an Instructor Instructor Training Book Shop Success Stories Articles Links Contact Us
 
       
    Leerplan
 

BabaGim is ideaal vir die werkende mamma

  • Binne slegs vyf weke sal mamma en baba kwaliteittyd op 'n georganiseerde en prettige manier kan geniet
  • Een uur per week
  • Op elke denkbare terrein 'n nuwe tegniek ontdek om baba se sintuie, brein en spiere te ontwikkel en te stimuleer
  • Mammas, pappas en oppassers is welkom
  • Babas vanaf geboorte tot die ouderdom van 14 maande ook!
Week 1 - DIE BELANGRIKHEID VAN AANRAKING EN MASSERING

Het jy geweet.....

Stimulasie is voedsel vir die brein?
Die vel is die liggaam se grootste orgaan?
'n Ontspanne baba is een vir wie almal lief is, eet goed, slaap langer en ontwikkel beter?

Week 2 - DIE BELANGRIKHEID VAN BEWEGING

Het jy geweet.....

Naby sintuiglike stimulasie (propriosepsie, balans en beweging) bevorder sterker spiere en selfbeeld?
Pappa is nie net daar om rekeninge te vereffen en bagasie te dra nie - hy is baie belangrik! Pappa moet daagliks fisies met baba speel?

Week 3 - DIE BELANGRIKHEID VAN SUIG EN NEKBEHEER

Het jy geweet.....

Deur die smaak- en reukorgane te stimuleer, word die oë en ore gestimuleer sodat daar eendag sonder moeite gelees, geskryf, gespel en wiskunde gedoen word?
'n Sterk en stabiele nek is 'n reuse mylpaal?

Week 4 - WAAROM ALBEI Oë EN ALBEI ORE SAAM MOET WERK

Het jy geweet.....

Babas verkies die klank van 'n mens se stem bo enige ander klank of geluid?
Die ogies draai in verskillende rigtings om verskillende dele van die brein wakker te maak.
Maagoefeninge is nie net vir mammas en pappas nie- sterk maagspiere laat baba se ogies saam kyk in alle rigtings?


Week 5 - VOORKOM HIPERAKTIWITEIT EN AANDAGAFLEIBAARHEID

Het jy geweet.....

Babas moet beweeg VOOR DIE OUDERDOM VAN 2 JAAR sodat hul eendag stil kan sit?
Week 5 spaar geld - moet asb nie sitstoeltjies, loopringe of soortgelyke ondersteunende produkte koop nie - sterk maagspiere en 'n reguit ruggie begin met baie tyd plat op baba se maag op 'n kombers.
Lae spiertonus kan voorkom word! Speel jou baba slim!

Gradedag

Mamma en baba ontvang hul eerste sertifikaat!

Na gradedag is daar opvolgsessies beskikbaar- kry 'n sertifikaat om jou baba se mylpaal te vier!

Wees met die nodige kennis voorbereid wanneer jou baba een van die volgende mylpale haal:

  • Sit
  • Kruip
  • Staan, eerste treetjies en loop
  • Sosiale- en emosionele ontwikkeling: Ek is nie alleen nie - die wêreld is vol mense en dinge met wie en waarmee ek oor die weg moet kom
  • Taalontwikkeling: Ek leer meer oor denkprosesse, name en woorde

ONTHOU: JOU OPTREDE IS BAIE BELANGRIKER AS DIE WOORDE WAT JY UITER - Doen BabaGim en verseker beter brein ontwikkeling

Sluit aan vir 'n BabaGim klas.

 
 

Kopiereg © 2012 - BabaGim® Instituut
Alle regte voorbehou

institute@babygym.co.za | 082 301 5860 | Privacy Policy