Elzane Olivier, Nelspruit
September 29, 2017
Liesl Owen, Fourways
September 29, 2017

Azaan Häfner, Tzaneen

Liewe Charlene, ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om jou hartlik te bedank, ek en Zané het die BabaGim klasse so geniet! Ek is baie trots om te deel dat my baba op 3 maande ‘n speelding opgetel het en mond toe gevat het. Sy rol ook al op haar sy en tel daai koppie lekker hoog op! Ek beveel BabaGim aan vir elke mamma, veral nuwe mammas, dit was vir my lekker om met ander mammas te gesels (dan besef mens net dat jy nie alleen “sukkel” nie). Zané se ontwikkelings-boublokkies is behoorlik neergelê, nou bou ons net by die huis verder voort. Vreeslik baie dankie vir jou vriendelikheid en raad Charlene, jy is ‘n fantastiese Instrukteur! Baie baie dankie vir alles, die BabaGim klassies was ‘n fees!