Jolinda Marais, Tzaneen
September 29, 2017
Azaan Häfner, Tzaneen
September 29, 2017

Elzane Olivier, Nelspruit

BabaGim het ongelooflik baie vir my beteken. Ek glo vas dat die innerlike genesing wat die massering vir my en André gebring het ook die grondslag is waarop sy verdere gesonde ontwikkeling gegroei het. Elke BabaGim speletjie hierna het bygedra daartoe dat hy vandag ‘n sterk en slim 4 maande oue seuntjie is op wie ek met my hele hart verlief is. As skoolhoof en graad R juffrou by ‘n kleuterskool verstaan ek hoe belangrik die grondslag is wat BabaGim lê. Ek sien die aanwesigheid of die afwesigheid van so ‘n grondslag elke dag in my werk! En hoewel ek nou terug is by my skool en my klassie, voel ek – danksy BabaGim – voorbereid en toegerus om die meeste van my beperkte tyd elke dag met André te maak.