Marleen Gudmanz, Garsfontein
September 29, 2017
Bianca Ackermann, Garsfontein
October 2, 2017

Lianne Prins, Northcliff

Die Speel-Speel Slim werkswinkels het ‘n heel nuwe dimensie van ‘speel’ vir my geopenbaar en die praktiese toepassing daarvan duidelik gemaak. Ek besef nou ‘n kleintjie kan gelyk speel én leer tydens daaglikse interaksie met mamma en pappa… en dit is vir my wonderlik! Ek het die klein groepie geniet, dit was lekker om al die mammas se ‘stories’ en vrae te hoor en ook die oplossings wat spel bied, te bespreek. Die inhoud van die werkswinkels was baie, maar die voorbeelde en praktiese toepassing daarvan maak dit baie leersaam. Vir iemand wat nog nie BabaGim gedoen het nie en self nou eers swanger is, kon ek die inhoud baie goed volg- so die werkswinkels is regtig gepas vir ALMAL wat belangstel. Die inligting help ook met kleuterskool kies… dit wys net mooi hoé lekker prakties die sessies is! Die venue was lieflik en die fasiliteerder was uitstekend, ek het veral die navorsing en die gevallestudies wat Cozette met die groep gedeel het BAIE geniet! Ek beveel Speel-Speel Slim werkswinkels vir alle opvoeders, vriende en familie aan!