Heska & Ryno Prins, Mooi Nooi
June 26, 2017

Henrike en Zarike Fourie, Welkom

My man het vir Rudine Ferreira, ons naaste BabaGim Instrukteur, inderhaas en moedeloos gebel om te smeek vir hulp, beide ma en sussie was goed in trane.  Ons het ons eerste konsultasie bespreek en gebid dat dit die regte ding sal wees. Min het ons geweet dat hierdie besluit juis ons en ons pragtige dogtertjie se lewe sou verander.

Met ons eerste besoek het Rudine soveel insig gegee oor wat ons verwagtinge moet wees en hoe mens jou lewe beter kan beplan. Ons het geleer hoe haar brein werk en ook dat mens talle dinge kan doen om haar leerproses te verryk.  Ek het geleer om Zarike te masseer en so tussen al die huil en baklei deur, het ons stadig op die regte padjie gekom. Tydens ons eerste besoek kon ons dogtertjie nog nie op haar eie regop sit nie. Met ons aankoms tuis het ek dit wat Rudine vir my geleer het herhaal en binne sekondes was daar 1n groot verskil, my kind was 1n engel! Sy het daardie selfde dag 2 ure in die middag geslaap, sonder 1n geluidjie. En slaap was van daar ook geen probleem nie.

Ons is 2 weke later terug vir nog 1n klas en toe kon sussie reeds self regop sit. Binne 1n maand het my kind geleer om te sit, self van lé af regop te sit en ook te begin kruip. Ons kon ook meer oomblikke van rus en stilte beleef, omdat sy meer tevrede en gelukkig was. Zarike kruip nou voluit, en trek haarself teen absoluut alles op.

Te danke aan Rudine en die BabaGim klasse, kan ek vandag met een geruste hart sé dat ek die kind het waarvan ek nog altyd gedroom het, selfs nog voor sy daar was. Ek loop elke dag en vertel hoe BabaGim, en ons ontmoeting met Rudine, ons lewens en veral Zarike se lewe, verander het. Met baie dankbaarheid in my hart, weet ek ook nou ek is een goeie mamma.