Kerry Kruuse, Fourways
June 30, 2017
Werner and Jeneke Marx, Germiston
June 30, 2017

Marilyn Fourie, Wesselsbron

Op 15 maande wou my seuntjie niks weet van loop nie. Hy het op twee verskillende geleenthede gewys dat hy wel kan loop, maar dit was asof hy net nie die moed gehad het om weer te probeer nie. Hy was bang vir alles en wou niks nuut probeer nie of dit nou kos, speelgoed of nuwe mense was  hy het net geweier om te probeer. Op 15 maande hetn goeie nag beteken dat hy net 5 keer wakker geword het, meeste van die tyd moes ek tot 8 keer in die nag vir my kind moes opstaan. Dit het sy tol emosioneel en fisiek geis. Ek sien toe op Facebook van die BabaGim program en ek het dadelik met die naaste BabaGim Instrukteur kontak gemaak. Teen die derde sessie was my seuntjie n ander kind. Hy het saam geruik en selfs geproe aan dit wat ons voor hom neergesit het, en sowaar na daardie sessie toe staan hy op en loop asof hy dit al vir maande lank doen. Dankie aan ons BabaGim Instrukteur en BabaGim, ek sien steeds daagliks hoe my kind ontwikkel en dit is te danke aan julle program!