Henrike en Zarike Fourie, Welkom
June 26, 2017
Kelly van Vuuren, Pietermaritzburg
June 29, 2017

Heska & Ryno Prins, Mooi Nooi

Wat ‘n absolute plesier! Ek en my man het ‘n BabaGim1 klas bygewoon en dit was ‘n heerlike ervaring! Dit vat ook so bietjie die angstigheid weg wat mens het omdat mens nie heeltemal weet wat om met ‘n eerste baba te verwag nie. En voila! BabaGim werk! Ek voel my baba seuntjie het beslis ‘n voorsprong in die lewe omdat ek direk na geboorte met die massering begin het. Ook help die kalmerings- en borsvoed tegnieke onmenslik baie! Baie baie dankie aan ons Instrukteur, Cozette Laubser, wat vir ons die klas aangebied het, ons is oneindig dankbaar vir jou. En dankie BabaGim, jou lekker ding! BabaGim 2 klasse sien ons beslis binnekort!