Aadil Mosam, Lenasia
June 30, 2017
Kerstin Henckert, Windhoek
June 30, 2017

Angie Venter, Tzaneen

Liewe BabaGim Instrukeur, Hiermee wil ek jou bedank vir die wonderlike tyd wat ons by BabaGim gehad het. Dit was ‘n kwaliteit ervaring saam my seuntjie Louis, ek en hy het dit vreeslik geniet! Dankie vir jou professionele diens en vriendelikheid. Ek het nooit geweet hoe belangrik dit is om van vroeg af jou baba se sintuie te stimuleer en dat dit die brein ontwikkel nie! Ek sal verseker toekomstige mammas na BabaGim verwys om die kennis op te doen wat ek by BabaGim opgedoen het. Jy het ons geleer om Louis te masseer en hy geniet dit vreeslik baie, hy ontspan en hy slaap sommer baie beter na ‘n massering! Nou weet ek, ek en my baba is op die regte pad. Ons sien jou binnekort vir BabaGim 3 en ons sien vreeslik uit!