Ren en Arthur, Port Elizabeth
June 30, 2017
Lisa Small, Rivonia
June 30, 2017

Rianca, Johan n Elri de Klerk

As ‘n ma wil jy net die beste vir jou kind gee en toe ons baba dogtertjie op amper 7maande nog nie omrol nie en geen gewig op haar bene/voete wou vat nie het ek begin bekommerd word, ek het geweet ek sal iets moet doen! Ek het gehoor van BabaGim by ‘n opedag van Genesis Clinic en geweet dit is die beste opsie vir ons. Ons het die klasse begin bywoon en met die huiswerk oefeninge dadelik begin ‘n verskil sien, Elri het haar mylpale sommer gou begin bereik! Sy het 1dag na sy ses maande oud geword het begin op haar eie sit, op 9 maande begin kruip en 3 weke na haar eerste verjaarsdag geloop. Ek is baie bly ons het BabaGim gedoen, dit het ‘n groot verskil gemaak!