Ashana Harryparsad, Midrand
July 3, 2017
Guida and Arabella van der Westhuizen, Bloemfontein
July 3, 2017

Marthie le Roux, Tzaneen

Hi BabaGim, ek het elke dag, na die BabaGim 2 – 5 weke kursus, masser en ook elke dag al die oefeninge gedoen met my baba dogtertjie Zani: die sit- ups, oorkruis sit-ups, middellynkruis, romprotasie… als wat ons geleer het tydens die 5 weke, en sy het meeste van haar tyd op die mat deurgebring, baie op haar maag ge en baie mooi opgedruk met haar armpies. Eintlik verstaan ek nie heeltemal hoekom sy so lank gevat het om te rol nie; (ek was dalk ook te haastig, want sy het dit tog binne die gespesifiseerde tyd gedoen); ek dink nie daar is iemand wat meer BabaGim gedoen het as ek en Zani nie. Ek dink sy is ‘n baba wat maar net aanmoediging nodig het, en haar tyd vat! Maar as sy iets eers gesnap het, doen sy dit soos ‘n kampioen!